Die finale eksamen is om die draai, vir sommiges het dit alreeds begin. Ek wil graag n beroep doen op julle ons leiers van die toekoms, om op die eksamen te fokus.
Vir 12 jaar was julle in n veilige omgewing en het julle die nodige ondersteuning ontvang van julle ouers en onderwysers. Na hierdie eksamen betree u die volwasse wêreld en u moet hard werk om sukses te behaal. Die keuses wat ons nou maak in die lewe, bepaal ons toekoms, so maak julle die regte keuses en reik na die hoogste sterre.
Op 28 November 2017 kan u as leerders terug kyk na 12 jaar van u skoolloopbaan en dan ‘n welverdiende vakansie geniet.
Die Raad wens u alle sterkte en voorspoed met die eksamen. Mag julle die vrugte pluk van jul harde werk!
GRANT RIDDLES
BURGEMEESTER