Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Blouvlagstrande vir Hessequa

Vakansiegangers kan hierdie somervakansie kies en keur uit ses verskillende blouvlagstrande in die Hessequa-streek. Blouvlag-status beteken dat strande skoon en veilig is en voldoen aan internasionale veiligheids- en toerismestandaarde. Blouvlag-status is ʼn lokmiddel vir toerisme, aangesien internasionale besoekers weet wat om te verwag wanneer hulle só strand besoek. 62 Blou Vlae sal hierdie feesseisoen op 44 strande wapper in Suid-Afrika.

Hessequa Munisipaliteit spog met drie volstatus en drie loodsstatus blouvlag strande.
Lappiesbaai en Preekstoel te Stilbaai en Witsand het volle blouvlag-status verwerf en het Gouritsmond, Jongensfontein en Stilbaai-Wes loodsstatus ontvang.

Gouritsmond het nie volstatus ontvang nie as gevolg van watermonster wat geneem was tydens rooigety. 95% van watermonsters moet voldoen aan die SABS standaarde en het Gouritsmond 94% status ontvang. Hessequa Munisipaliteit het onmiddellik aansoek gedoen vir loodsstatus vir Gouritsmond.

Tegniese Direkteur Lindile Zincume en Hoof van Parke, Andre Hansen het die blouvlagseremonie te Jeffreysbaai op 4 Oktober 2017 bygewoon.

Die Blouvlagprogram word gekoördineer deur WESSA (Wildlife and Environment Society of South Africa) in vennootskap met die Departement Omgewingsake en Toerisme.

‘n Onafhanklike internasionale paneel is verantwoordelik vir die evaluering en aanwysings van blouvlagstrande aan munisipaliteite wat deelneem aan die program.

Plaaslike munisipaliteite se rol is om strande aan die streng vereistes van die Blouvlagprogram te laat voldoen.

WESSA se vier hoof vereistes:

  • Kwaliteit van water
  • Omgewingsopvoeding en inligting
  • Omgewingsbestuur
  • Veiligheid & Diensteverskaffing

Die blouvlag seisoen sal strek van 07 Desember 2017 tot 14 Januarie 2018 en sal lewensredders aan diens wees op die strande.

 

 

Thank for your file upload