Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

Blouvlagstrande in Hessequa

Hessequa is die enigste munisipaliteit waar alle strande in die streek volstatus of loodsfase ontvang het in die Blouvlagprogram. Hessequa Munisipaliteit spog met vier volstatus en twee loodsfase blouvlag strande. Lappiesbaai en Preekstoel te Stilbaai, Witsand en Gouritsmond het volle blouvlagstatus verwerf en ontvang Jongensfontein en Stilbaai-Wes beide loodsfase.

Lappiesbaai is vereer met ʼn silwer sertifikaat vir 10 jaar in die Blouvlagprogram en Witsand spog met ʼn brons sertifikaat vir vyf jaar status.

In 2015 het 54 strande volstatus bereik in die Blouvlagprogram en 30 strande het loodsstatus ontvang.

Die blouvlag bekendstelling-seremonie het plaasgevind te Hermanus op 06 Oktober 2015. Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) ken die blouvlag status toe aan die munisipali-teite tydens die seremonie, wat aangebied word deur die Minister van Toerisme Mnr. Derek Hanekom.

Die hoof kriteria waaraan blouvlagstrande moet voldoen is:

Water kwaliteit
Omgewingsopvoeding en informasie
Omgewingsbestuur wat byvoorbeeld toegang tot sensitiewe areas insluit
Veiligheid en sekuriteit

Minister Hanekom noem:  “Afgesien van die vereistes waaraan blouvlag strande moet voldoen, is die Blouvlagprogram

ook ʼn groot werkskeppings projek. Die doel van die Blouvlagprogram is om die gemeenskap te dien en ons kusgebiede te bewaar”.

Die Hessequa-streek het in 2014 werksgeleenthede geskep vir 30 lewensredders, 12 sekuriteitsbeamptes en 108 “Coast Care” werkers.

Die blouvlagseisoen tree in werking op 10 Desember 2015.

Thank for your file upload