Die amptelike opening van die Slangrivier en Heidelberg Rekenaarsentrums het plaasgevind op 28 Julie 2016. Hierdie is onderskeidelik die tweede en derde Cape Access sentrums vir die Hessequa omgewing en word die program gedryf deur die Wes-Kaapse Departement. Die program fokus daarop om rekenaar kommunikasie en tegnologie in landelike gebiede meer toeganklik te maak.
Uitvoerende Burgemeester, Emor Nel het die opening van die rekenaarsentrum te Diepkloof, Heidelberg en Slangrivier behartig. “Die tipe vennootskappe tussen die relevante rolspelers, maak die impak in ons gemeenskappe vir ons kinder, jeug en self ons senior burgers net groter.”
Verteenwoordigers van Cape Access, Departement Gemeenskapsdienste asook onderskeie Wyksraadslede van die Hessequa Munisipaliteit het die geleentheid bygewoon.
Wes-Kaapse Regering het Me. Elana Adams en Mnr. Iver Hendricks is aangestel by die Diepkloof, Heidelberg sentrum en by Slangrivier Sentrum, Me. Shanell Hoogbaard en Mnr. Nolin Williams. Die Diepkloof Heidelberg Sentrum is toegerus met 24 rekenaars en Slangrivier met 15 rekenaars. Beide sentrums is ontwerp dat daar op dieselfde stadium opleiding gegee kan word, terwyl ander persone toegang tot die ander rekenaars beskik.
Die eerste Cape Access rekenaarsentrum is in Hessequa in Julie 2012 geopen by die Riversdal Thusong-sentrum. Die rekenaar opvoedingsprogram by die sentrum in Riversdal het 5 791 begunstigdes in die 2014/2015 boekjaar bereik. Op 22 Julie 2016 het die Gemeenskap Ontwikkeling Departement sertifikate aan studente oorhandig wat hul rekenaarkursusse suksesvol voltooi het.
Me. Y. Adendorf, Cape Access koördineerder het die studente aangemoedig om die kennis wat hulle opgedoen het te gebruik om ander te bemoedig en te bemagtig.
Die rekenaarsentrum sessies word gratis aangebied vir 45 minute per persoon, per dag. Personeel help besoekers om hulle eie e-posse op te rig en bied opleiding aan te opsigte die gebruik van die internet en onderskeie rekenaarprogramme.
Die volgende dienste word gratis aangebied:
– Gebruik van ʼn rekenaar
– Toegang tot die internet
– Toegang tot e-posse
– Die drukwerk van maksimum 10 bladsye per dag
– Basiese rekenaar opleiding
– Toegang tot inligting en dienste
– Toegang tot navorsing inligting
– Geakkrediteerde rekenaar opleiding
Die volgende gemeenskappe in die Hessequa-streek is deur Cape Access geïdentifiseer vir die uitbreiding van die rekenaarsentrum program:
2016
Albertinia en Melkhoutfontein
2016/2017
Kwanokuthula