Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Afrikaans Afrikaans English English Sesotho Sesotho Xhosa Xhosa Zulu Zulu
Entrepreneurs Academy

2de beste munisipaliteit in die land

Hessequa munisipaliteit is aangewys as die tweede beste munisipaliteit in Suid-Afrika. Volgens die Good Government Index, wat in samewerking met Good Governance Africa (GGA) opgestel is, is al 234 plaaslike en metropolitaanse munisipaliteite in die land op grond van die gehalte van administrasie, ekonomiese ontwikkeling en dienslewering gelys.

Munisipaliteite was gemeet aan toegang tot kraanwater, elektrisiteit en sanitasie, gereelde vullisverwydering, behuising, beskermingsdienste en die getal inwoners wat hul skoolloopbaan voltooi het. Die munisipaliteit se finansiële state en administrasie is ook in ag geneem tydens die samestelling van die verslag. Hessequa het die afgelope twee jaar ʼn skoonouditverslag vanaf die Ouditeur-generaal ontvang. Die ouditeur fokus op drie aspekte tydens hul ondersoek: prestasiebestuur, finansiëlebestuur en inligtingstegnologie.

Onder die top tien munisipaliteite is slegs Hessequa en Mosselbaai munisipaliteit (vyfde gelys) verteenwoordigend van die Eden Distrik. Swellendam munisipaliteit is as beste munisipaliteit gelys.

GGA het die inligting saamgestel uit die 2011-sensus, data van Statistieke Suid-Afrika, Gaffney’s Local Government Yearbook (2013 – 2015), verslae van die ouditeur-generaal, die uitgebreide openbarewerkeprogram en die Nasionale Tesourie.

Uitvoerende Burgemeester, Emor Nel noem dat enige sukses kom a.g.v. die vennootskappe veral met ons inwoners en getroue amptenare.

Dit is met groot trots dat ek as Burgemeester kennis neem van die aanwysing as die tweede beste Munisipaliteit in die land.  Ek besef ook dat dit nie beteken dat daar nie gedurig gestrewe moet word om nog baie aspekte aangespreek te kry nie.  Dit is ʼn voortdurende en deurlopende proses.

Ek wil weereens bevestig dat Hessequa innoverend kyk na oplossings, saam met die Munisipale Bestuurder en amptenary en in vennootskap met die Universiteit van Stellenbosch en die Provinsie om oplossings ter bevordering daarvan om minder afhanklik te raak van Eskom. My grootste dank aan die Munisipale Bestuurder, elke Bestuurder van elke departement, aan elke werknemer, julle is die sukses van Hessequa en maak ons as Raad baie trots.

Hessequa maak uiters selde gebruik van konsultante en doen ons finansiële state asook prestasie evaluering inhuis.  Min munisipaliteite kan daarmee spog.  Dit is amptelik dat Hessequa vir ʼn tweede jaar die mikpunt van ʼn skoon oudit ook bereik het.   Die persentasie t.o.v. kraanwater voorsiening het reeds geklim tot 84% en die voorsiening van huise met 500 eenhede.

Ek kan net dankie sê aan ons skoolhoofde en onderwysers wie hul bes doen om ons kinders ʼn goeie opvoeding te gee, aan ons inwoners vir hul gesindhede en samewerking, saam en in vennootskap met vele organisasies, kan ons almal hierdie prestasie met trots verkondig en geniet.

Thank for your file upload