Wes-Kaap Inter-Streek Tafeltennis kampioenskappe

image_pdfimage_print

Wes-Kaap Inter-Streek Tafeltennis kampioenskappe

Die Wes-Kaap Inter-Streek tafeltennis kampioenskappe word hierdie jaar vir die eerste keer binne Hessequa aangebied. Die toernooi word aangebied in samewerking met die Wes-Kaap Tafeltennis Federasie, Eden Tafeltennis federasie en die Hessequa Munisipaliteit.

Die toernooi vind plaas vanaf 14 September tot 15 September 2018 by die Riversdal Stadsaal. Die amptelike verwelkoming vind op Vrydag 14 September 2018 om 17h30 plaas.

Die gemeenskap word uitgenooi om die toernooi te ondersteun en ook ons plaaslike talent in aksie te sien.

Vir enige navrae kan Raymond Heunis geskakel word by 028/7137803