Weerlig belemmer dienslewering in Witsand

image_pdfimage_print

Die Witsand munisipalekantoor ondervind tans netwerkprobleme en word die volgende dienste geaffekteer:

Kommunikasie (Telefone & Epos)
Kragverkope
Rekening Navrae, ens.

Die brand wat as gevolg van die weerlig by Infanta ontstaan het, het die infrastruktuur van die diensverskaffer vernietig en kan bogenoemde dienste nie gelewer word nie.

Die diensverskaffer implementeer tans hul aksieplan om dienste te herstel en word tydelike oplossings ondersoek.

Kommunikasie met die Witsand kantoor kan geskied deur middel van faks by: 028 537 1627. Alle oproepe word gereguleer na die hoof telefoonskakelbord in Riversdal.

Alle moontlike oplossing en pogings word aangewend om dienste aan Witsand vandag te herstel.

‘n Kennisgewing sal uitgestuur word sodra dienste weer herstel is.

Die gemeenskap se geduld en samewerking word hoof op prys gestel.