WATERBEPERKINGS

WATERBEPERKINGS vir Hessequa streek

Stand van Hessequa damme soos op 7 Januarie 2019

Korentepoortdam = 41,66%
Duivenhoksdam = 52%
Olive Grovedam = 60%
Jongensfontein dam = 95%

Neem asb kennis van die onderstaande Waterbeperkings vlakke wat van toepassing is op die Hessequa-streek vanaf 11 Januarie 2019.

WATERBEPERKINGS VLAK 3 steeds in plek vir Riversdal.

    • Tuine mag slegs twee keer per week natgemaak word tussen 18h00 en 19h00
    • GELYKE straatnommers op Maandae en Donderdae en die
    • ONGELYKE straatnommers op Dinsdae en Vrydae.
    • Tuinslange mag slegs ONDER TOESIG gebruik word.
    • Afspuit van verharde oppervlaktes word VERBIED.
    • Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n EMMER gedoen word.
    • Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui word.

Waterberperkings VLAK 1 vanaf 11 Januarie 2019 in plek vir die Res van die Hessequa-streek.

  • Die natmaak van tuine word slegs vanaf 16h00 tot 18h00 toegelaat.
  • Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie sonder toesig gebruik word nie.
  • Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. (Die afwas van sekere oppervlaktes in karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel, word vrygestel van hierdie bepaling).
  • Voertuie, bote en karavane moet met emmers gewas word.