Voorafbetaalde elektrisiteitverkoop-punte weer in werking

image_pdfimage_print

Noodherstelwerk aan kragverkope stelsel is voltooi. All Hessequa se elektrisiteitverkoop-punte is weer in werking.

Alle Hessequa voorafbetaalde elektrisiteitverkoop-punte en munisipale kassiertoonbanke het probleme ondervind en kon geen voorafbetaalde elektrisiteit aangekoop word nie. Die diensverskaffer is bewus gemaak van die probleem en het die nodige aandag gegee. Hessequa munisipaliteit bied verskoning aan vir enige ongerief.