Vermaaklikheid brand as veilig verklaar

image_pdfimage_print

Die verwoestende brand in die Vermaaklikheid-omgewing, wat op Sondag 21 Oktober 2018 ontstaan het, is vanoggend as veilig verklaar.

Hessequa Munisipaliteit wil graag opregte dank en waardering oordra teenoor alle instansies, gemeenskappe, individue en omliggende dorpe wat hulp verleen het om die brand onder beheer te bring.

Die munisipaliteit wil die volgende instansies bedank vir hul bereidwilligheid en ondersteuning tydens die brand:

Goukou Plaaswag
Garden Route Distriksmunisipaliteit
Working on Fire
Southern Cape Fire Protection Association
Overberg Distriksmunisipaliteit
George Munisipaliteit
Mosselbaai Munisipaliteit
Nuwe Apostoliese Kerk te Vermaaklikheid
asook alle rolspelers, lede van die gemeenskap, besighede en vrywilligers wat ʼn diens gelewer het.

Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles noem: “Hessequa Munisipaliteit sou nie hierdie veldbrand sonder die wye ondersteuningsnetwerke, donasies, vrywilligers, verslae en oproepe kon bedwing nie. ʼn Spesiale woord van dank aan die brandbestryders, wat meer as 12 uur per dag gewerk het om die brand onder beheer te bring. Ons moet nie die wilskrag, volharding en onbaatsugtige pogings van die brandbestryders vergeet wat ons gemeenskappe dien en die omgewing help beskerm nie.”

Die onbaatsugtige ondersteuning wat ontvang is word opreg waardeer en is die Hessequa Munisipaliteit voorwaar dankbaar.

Brandweerspanne is steeds op toneel om seker te maak dat enige oorblywende rook/smeul onder beheer is en nie weer opvlam nie.