Stormwind saai verwoesting in Hessequa

image_pdfimage_print

Hiermee bevestig Hessequa Munisipaliteit dat daar Woensdag ‘n Eskom kragonderbreking om 01:00 plaasgevind het en dat dit deur die Proteuis substasie herstel is, om 10uur Woensdag aand was daar krag voorsien in meeste gebiede.

Erge winde het die interne netwerk beinvloed en Munisipale amptenare werk nog deurlopend om die onderbrekeings te herstel. Tans ondervind Jongensfontein nog die kragonderbekings van die Eskom voerder. Eskom en die Munisipaliteit poog om die probleem te Herstel.

Skade is gerig aan enkele informele strukture in die volgende dorpe en hier is terugvoering van die amptenare:

  1. Slangrivier , Stilbaai , Melkhoutfontein , Jongensfontein en Gouritsmond – geen noemenswaardige skade nie , paar boomtakke wat afgewaai het.
  2. Riversdal – twee bome omgewaai maar geen skade is aangerig aan Munisipale eiendom nie. (Acaciastraat en Beckerstraat)– boom in Acaciastraat is reeds gister opgesaag en verwyder. Boom in Beckerstreaat het op Spoornet bakkie geval en ook die wag se hokkie stukkend geval.
  3. Heidelberg – twee bome omgewaai by Polisiestasie en in Hoogstraat maar geen skade is aangerig nie. Bome is reeds opgesaag en verwyder.
  4. Albertinia – Twee elektriese pale en 2 groot padtekens het omgeewaai – elektriese pale is tydelik herstel en padtekens moet nog weer opesit word.
  5. Witsand – Drie dakplate van saal is afgewaai ; Boom het in Weskamp omgewaai en betonmuur beskadig in kamp , Middelkamp het fasieborde by ablusieblok afgewaai en die betonmuur  aan die voorkant van die stoor het ook omgewaai.
  • Tembani Straat in Kwanokuthula het ‘n gesin ook skade gely toe hulle informele struktuur platgeval het.

‘n Boom in Beckerstreaat het op Spoornet bakkie geval en ook die wag se hokkie stukkend geval.