Stilbaai kragtoevoer

image_pdfimage_print

Gedeeltes van Stilbaai is steeds sonder krag vanaf gisteraand, maar werk Eskom tans aan die oprigting van ‘n tydelik struktuur. Hessequa munisipaliteit het bystand gaan verleen met die oprigting van tydelike struktuur en hoop Eskom om kragtoevoer vanaand nog te herstel.

Twee vure het vanmiddag opgevlam, een naby Albertinia en die ander naby die Stilbaaipad, maar is beide onder beheer. Geen lewensverlies, beserings of verlies van strukture is vanmiddag aangemeld nie. Lugbystand word steeds verskaf.

Provinsiale Verkeer is tans op die N2 gestasioneer om die rook langs die pad te monitor.