STILBAAI GEMEENSKAP PLANTPROJEK

image_pdfimage_print

Die Busy Lizzy Huis- en tuinboukklub het ʼn plantprojek geloods by die Gemeenskapsaal te Stilbaai. Die doel van hierdie projek is om verfraaiing in die gemeenskap en ʼn verbintenis tot die versorging van die omgewing te bewerkstellig.

Me. Christa Kunz, Mev Helena le Roux en Mnr Manie Smith het op 30 Mei 2018 die projek afgeskop en was Hessequa Munisipaliteit behulpsaam met die fisiese arbeid en die verskaffing van die beenmeel en kompos. Ongeveer 20 Outenikwa Geelhout, 40 Clivia Miniata, 20 Kaapse Essenhout/Swart olienhout/Wit Stinkhout bome is geplant rondom die gemeenskapsaal.

Die Busy Lizzy Huis- en tuinbouklub het twee sirkelvormige blombeddings afgemeet waarin geharde inheemse struike geplant gaan word asook grondbedekkers.

Munisipale Bestuurder Johan Jacobs het die Busy Lizzy ’s bedank vir hierdie wonderlike projek. “Die gesindheid waarin die verfraaiing plaasvind is prysenswaardig. Hessequa is bevoorreg om gemeenskapsorganisasies te hê wat belangstel om die omgewing te verbeter en deel te neem aan projekte tot voordeel van alle inwoners en besoekers.”