Sluiting van Biblioteke tydens feesseisoen

image_pdfimage_print

Slegs die vakansiedorp Gouritsmond sal, gedurende die feesgety oop wees.  Die res van die biblioteke in Hessequa Streek sal vanaf 21 Desember 2018 tot en met 1 Januarie 2019 gesluit wees.  Normale tye hervat weer op 2 Januarie 2019. Gebruikers moet asseblief daarop let dat die biblioteke op 21 Desember 2018 om 13h00 sluit.

Gouritsmond biblioteek sal slegs op die openbare vakansiedae, 17, 25 en 26 Desember 2018 en 1 Januarie 2019, gesluit wees.

Die vier Wheelie Wagons wat by skole gestasioneer is, sal vir die duur van die skoolvakansie gesluit wees.