Sluiting van munisipale kantore

image_pdfimage_print

Kennis geskied hiermee dat Hessequa Munisipale kantore/kassierpunte/biblioteke tydens die feesseisoen op Donderdag, 24 Desember 2015 om 13:00 sluit en Maandag, 04 Januarie 2016 om 07:45 heropen.

Neem asb. kennis dat munisipale kassiertoonbanke op Donderdag, 24 Desember 2015 om 13:00 sluit.

Kassiertoonbanke sal tussen 09:00 – 11:30 op 28, 30 en 31 Desember 2015 oop wees vir die verkoop van voorafbetaalde dienste.

Voorafbetaalde Water

Riversdal, Heidelberg, Albertinia, Slangrivier & Gouritsmond.

Voorafbetaalde Elektrisiteit

Riversdal, Stilbaai, Heidelberg, Albertinia, Gouritsmond & Witsand.

In terme van die Essensiële Dienste beleid, sal personeel wie essensiële dienste lewer tydens hierdie tydperk, normaal funksioneer.

Voorafbetaalde elektrisiteit verkope is deurlopend beskikbaar by:

Riversdal
OK Supermark, Ruby’s Superette, Sonskyn Mobile, Riversdal Super Spar, Nibbling Squirrel, Lahke Spaza

Stilbaai
Stilbaai Spar, Engen Motorhawe

Melkhoutfontein
Cabby’s Spaza

Heidelberg
Jetgo Supermark,
Tifsha Spaza,
Heidelberg Spar,
Riebens Internet Cafe

Albertinia
Theronsville Supermark

 

BIBLIOTEKE
Gouritsmond Biblioteek sal normale ure oop wees vir die publiek en slegs op 24 en 31 Desember om 13:00  sluit.  Die biblioteek sal ook alle openbare vakansiedae gesluit wees.

Closed[1]