Preekstoel Kampterrein trek ʼn nuwe baadjie aan

image_pdfimage_print

Preekstoel Kampterrein trek ʼn nuwe baadjie aan!

Breedvoerige opgraderingswerk ter waarde van ongeveer R1.8 miljoen vind tans by Preekstoel te Stilbaai plaas. Kampeerders kan uitsien na opgraderings aan ablusiegeriewe by Beverly Hills, Jeugherberg en die ablusie by die saal, opgradering aan Jeugherberg, onderhoud aan chalets en ablusiegeriewe, nuwe eetgery en meubelment asook ʼn nuwe ontvangskantoor.