Opgradering van waternetwerke

image_pdfimage_print

Die opgradering van die waternetwerke te Albertinia, Riversdal en Stilbaai is tans in werking om asbes met plastiekpype te vervang. WF Konstruksie is aangestel as kontrakteur op al drie dorpe met die doel om waternetwerke te versterk en waterdienslewering te verbeter.

Die bogenoemde projekte spruit uit die munisipaliteit se waterpypvervangings program wat geïdentifiseer is uit Hessequa Munisipaliteit se watermeesterplan.

Praktiese voltooiing : Is wanneer alle water opkoppelings gedoen is op die nuwe lyn en die publiek toegang het tot basiese waterdienste. M.a.w. die werk waarvoor die kontrakteur aangestel is funksioneel is en ʼn werkbare waterpyp voltooi is. As water voorsien is aan die publiek en almal het toegang, kan ʼn praktiese voltooiing sertifikaat uitgereik word.

Waternetwerke in Albertinia:

Projek is reeds voltooi.
Totale koste van projek: R2 476 650.00

Die Riversdale Waternetwerk projekte:

Al die water opkoppeling is reeds voltooi en is die kontrakteur besig om areas skoon te maak en die teer van paaie te voltooi, wat die tweede week van Oktober 2016 sal plaasvind.
Totale koste van projek: R2 377 584.00

Die Stilbaai Waternetwerk projekte:

Alle waterkoppelings werke is voltooi en sal praktiese voltooiing teen die tweede week van Oktober 2016 uitgereik word, waarna alle teerwerk van paaie en skoonmaak aksies sal plaasvind.
Totale koste van projek: R5 798 057.10