Nuwe brandweervoertuig vir Hessequa

image_pdfimage_print

Hessequa Munisipaliteit is ʼn brandweervoertuig ryker. Die amptelike oorhandiging het 6 Julie 2018 by Hessequa Munisipaliteit te Riversdal plaasgevind. Direkteur Gemeenskapsdienste Chris Onrust, Onder-Burgemeester Johannes Hartnick Uitvoerende Burgemeester Grant Riddles, Speaker Andrew Stroebel, Raadslid Margereth Jakobs asook die diensverskaffer is van links na regs op die foto.

Direkteur van Gemeenskapsdienste Mnr. Chris Onrust noem dat dit ʼn groot aanwins is vir die munisipaliteit se reddingsdienste. Die voertuig wat aan Hessequa oorhandig is, is spesifiek ontwerp om op ʼn plaaslike vlak gediens en onderhou te kan word, wat die plaaslike ekonomie sal ondersteun en dienslewering bevoordeel.