Rapporteer die misbruik van water

image_pdfimage_print

Die Hessequa Munisipaliteit doen ʼn ernstige beroep op inwoners en besoekers om gehoor te gee aan die Vlak 3 Waterbeperkings wat tans in plek is vir die hele Hessequa streek.

HIERMEE WORD KENNIS GEGEE DAT DIE NIENAKOMING VAN VLAK 3 WATERBEPERKINGS SAL LEI TOT VERDERE STAPPE DEUR DIE MUNISIPALITEIT.

INWONERS EN BESOEKERS KAN DIE MISBRUIK VAN WATER RAPPORTEER BY TEL: 028 713 7917.
Indien u verkies om anoniem te bly, hoef u nie u naam of enige inligting wat dalk gebruik kan word om u te identifiseer te verskaf nie.

VLAK 3 WATERBEPERKINGS BEHELS:

  • Tuine mag slegs twee keer per week natgemaak word tussen 18h00 en 19h00
  • GELYKE straatnommers op Maandae en Donderdae en die
  • ONGELYKE straatnommers op Dinsdae en Vrydae.
  • Tuinslange mag slegs ONDER TOESIG gebruik word.
  • Afspuit van verharde oppervlaktes word VERBIED.
  • Was van voertuie, karavane en bote mag slegs deur middel van ‘n EMMER gedoen word.
  • Indien ander bronne soos reënwater tenks of boorgate gebruik word, moet dit op ‘n sigbare wyse aangedui

Die waterbeperkings is deel van die munisipaliteit se proaktiewe droogtebestuur-ingrypings om water verbruik te verminder. Alle inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik.