HESSEQUA MUNISIPALITEIT WORD VERFILM OP LEEF JOU REIS met Gerrie Pretorius

image_pdfimage_print

Toerisme speel ‘n baie belangrike rol in die ekonomie van die Hessequa-streek.

Die algehele verbod op reis tydens die grendelperiode is ‘n groot bekommernis vir die plaaslike owerheid en almal wat in die bedryf betrokke is.

Die Hessequa munisipaliteit het die geleentheid aangegryp toe die geleentheid om ‘n program op diè gewilde KykNet Leef Jou Reis te skiet, op hul pad kom.

“Hoewel niemand nou mag reis nie, wil ons hê die publiek se lus moet geprikkel word en hulle moet bewus wees van al die juwele en geleenthede wat die Explorer’s Garden Route aan te bied het vir wanneer ons weer kan reis en ontdek.  Ons kan nie dink aan ‘n beter bemarkingsgeleentheid as met hierdie uiters gewilde reisprogram nie.”

Die munisipaliteit verseker graag die inwoners dat die nodige Covid-19 maatreels in plek is en dat die produksiemaatskappy/filmspan  die nodige permitte het om te mag verfilm.

Geplaas op 11 Mei 2020 deur Hessequa Munisipaliteit.