Johan Jacobs in amp as Munisipale Bestuurder

image_pdfimage_print

Die Hessequa Raad het op 20 Februarie 2017 tydens ʼn Spesiale Raadsvergadering onderneem om Mnr. Johan Jacobs in die amp as Munisipale Bestuurder vir Hessequa Munisipaliteit aan te stel. Die aanbeveling volg na die nodige aanstellingsproses gevolg is, soos voorgeskryf deur die Stelselswet.
Die Raad se aanbeveling is aan die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, Anton Bredell gestuur vir bekragtiging. Die nodige bekragtiging vanaf die Minister se kantoor is ontvang en sal Mnr. Johan Jacobs amptelike diens aanvaar op 1 Maart 2017.

Burgemeester Grant Riddles noem: “Die aanbeveling dat Johan Jacobs aangestel word, is aan die Raad voorgelê en het gepaard gegaan met ‘n volledige verslag oor die aanstellingsproses wat gevolg is.”