Neem asb. kennis dat Stilbaaikantoor geraak word deur ‘n kragonderbreking weens onderhoudswerk op elektriese netwerk

vandag, 8 Mei 2013 vanaf 08:30 tot 17:00.

Jammer vir die ongerief.

 

 

Last Updated (Wednesday, 08 May 2013 06:58)

 

Die Hessequa Raad is verbind tot deurlopende verbetering van dienslewering, effektiwiteit en doeltreffendheid van die munisipaliteit. Een van die beste voorbeelde is die hersamestelling van die Senior Bestuur van Hessequa.

Die bedanking van Mnr. Bevan Ellman, Bestuurder IT en Strategiese Monitering in Februarie 2013 het aanpassings tot die makrostruktuur gebring. Die Hessequa Munisipaliteit, Raad en bestuur gebruik tans weer die geleentheid en besparing wat die vakature bied om opsies te oorweeg vir heraanwending van fondse om die kritiese tekort aan middelvlak ondersteuning aan te spreek. Dit is weereens 'n onbeplande geleentheid om die bestuursspan en funksies te hergroepeer.

Die bestuurspan van die munisipaliteit sien nou soos volg daarna uit:

DEPARTEMENT

Johan Jacobs

MUNISIPALE BESTUURDER

Inligtingstegnologie

Risiko

Prestasiebestuur

SDBIP

GOP

Lien Viljoen

FINANSIES (Onveranderd)

Inkomste

Uitgawe

SCM

Begroting

State

Hendrik Visser

BEPLANNING EN OMGEWINGSONTWIKKELING

Beplanning

Omgewing

(Insluitend die

Omgewingskomponent

van Afvalbestuur, Geraasbeheer,

Lugbesoedeling)

Eiendomsbestuur,

Ontwikkelings been

Chris Onrust

GEMEENSKAPSDIENSTE

Sosiale Ontwikkeling

Ekonomiese en Toerisme ontwikkeling

met insluiting van landelike & landbouontwikkeling

Beskermingsdienste

Voertuiglisensies/registrasies
Behuising

Marina Vermeulen

KORPORATIEF

Menslike Hulpbronne
Regsdienste

Kommunikasie

Administrasie

Eiendomsadministrasie –

verhuring/admin

Biblioteekdienste

Reggie Wesso

TEGNIESE DIENSTE

Strate

Stormwater

Parke en Oorde

Geboue instandhouding

Water

Riool

Sanitasie

Elektrisiteit

Reggie Wesso, Lien Viljoen, Chris Onrust, Hendrik Visser, Uitvoerende Burgemeester Emor Nel, Marina Vermeulen, Johan Jacobs

 

Last Updated (Monday, 06 May 2013 10:37)

 

KENNISGEWING

HEIDELBERG UITREIKVERGADERING GEKANSELLEER

Hiermee geskied kennis dat die Heidelberg Burgemeesters Uitreikvergadering op 25 April 2013 gekanselleer is a.g.v die uitstaande behuisings-aangeleentheid.

Alle pogings word deur die Raad en Departement Behuising aangewend om so spoedig moontlik die behuisings kwessie tot ‘n wedersydse vergelyk te bring.

Die uitreikvergadering sal herskeduleer word en op ‘n later stadium plaasvind. Twee vergaderings sal plaasvind; Uitvoerende Burgemeesters Uitreikvergadering en die Behuisings-aangeleentheid.

Die gemeenskap sal op hoogte gehou word ten opsigte van datums vir die herskudeleerde vergaderings.

Jammer vir die ongerief.

J JACOBS
MUNISIPALE BESTUURDER
Hessequa Munisipaliteit

 

Last Updated (Thursday, 25 April 2013 10:08)

 

Annemarie Joubert is amptelik Dinsdag, 30 April 2013 tydens 'n Spesiale Uitvoerende Burgemeesters Komitee vergadering ingehuldige as wyksraadslid in die Hessequa Raad.

Me. Joubert dien as wyksraadslid vir Wyk 7 nadat sy die Tussenverkiesing gewen het met 1332 stemme.

 

Raadslid Fred Carelse van die Civic Idependant-party is aangestel op die Hessequa-raad se Uitvoerende Burgemeesterskomitee (UBK).

Carelse dien nou saam met die Uitvoerende Burgemeester, raadslid Emor Nel (DA), en raadslede dr. Joan Prins (DA), Julian Merkeur (Uitvoerende Onderburgemeester, COPE) en Charles Prins (DA)

Raadslede v.l.n.r:

dr. Joan Prins, Charles Prins, Uitvoerende Burgemeester, Emor Nel, Uitvoerende Onderburgemeester, Julian Merkeur en Fred Carelse

 

Last Updated (Tuesday, 16 April 2013 10:12)