HESSEQUA MUNISIPALITEIT EN DEPT OMGEWINGSAKE VAT HANDE

“Working for the Coast” is ‘n projek wat gedryf word deur die Departement Omgewingsake in samewerking met onderskeie Munisipaliteite. Die werkskeppingsprojek se hoofdoel, is om standaarde langs die kus en selfs by binnelandse dorpe te verbeter. Dit sluit in: verwydering van rommel en vullis; skoonmaak van kusgebiede; aanplant van bome; opgradering van parke en speelgronde; skoonmaak van woongebiede en begraafplase ens.
Die onderstaande suksesse is reeds bereik in Hessequa Munisipaliteit
Skoonmaak van kusgebiede 110 km
Skoonmaak van vakansieoorde 315 800 m²
Aanplant van bome 600 bome
Parke en speelgronde instandhouding 85 896 m²
Skoonmaak van dorpe 36 km²
Skoonmaak van begraafplase 198 60 m²
Uitroei van indringerplante 243 ha
Brandpaaie skoongemaak 5.6 km
Paaie en sypaadjies onderhoud 8.7 km
Hessequa Munisipaliteit se besigheidsplanne was so indrukwekkend dat die Departement Omgewingsake die grootste arbeidsmag in Hessequa ontplooi het. Al die werkers is plaaslike inwoners en 112 werklose mense is in diens geneem vir ‘n 2 jaar termyn.
Op 18 Julie 2012, Nelson Mandela dag, het die Departement Omgewingsake ook masjinerie (8 weadeaters en 4 kettingsae) geskenk aan Hessequa Munisipaliteit ten einde ‘n verskil te maak in al die woongebiede.
Hessequa Munisipaliteit bedank mnr Joseph Bruintjies van die Departement Omgewingsake vir die ondersteuning en bydrae wat gemaak is om “Working for the Coast” projek ‘n groot sukses te maak. Ons vertrou dat dié vennootskap in die toekoms uitgebrei kan word om nog meer werk te skep en woongebiede verder op te hef.