HESSEQUA MUNISIPALITEIT: ELEKTRIESE PROJEK 2011/2012 VIR RIVERSDAL

Hessequa Munisipaliteit is tans in Riversdal besig met die implementering van die elektriese kapitaalprojek 2011/2012. Die elektriese mediumspanning (11kV) opgraderingswerk beloop ‘n koste van R 2 500 000-00. Die beplande voltooiingsdatum is middel Junie 2012.

Die opgraderingswerk is van belang om te verseker dat die bestaande elektriese mediumspanning netwerk voldoen aan die stygende elektriese aanvraag, elektriese toevoer na die eindverbruiker te verbeter en die veilige skakeling van elektriese apparaat.

Die nadelige implikasies is egter dat beplande kragonderbrekings sal plaavind  gedurende dié tyd en die ongerief van slootuitgrawings lang besige strate, nl. Kerkstraat. Alle moontlike pogings word geneem om kragonderbrekings tot ‘n minimum te beperk en die projek so spoedig moontlik te voltooi.  

Die opgraderingswerk sluit die volgende in:

Die versterking van die oorhoofse elektriese mediumspanning lyn tussen die Eskom Substasie en die Munisipale netwerk . Sodoende word ‘n bystand lyn geskep deur die oorspronklike toervoerlyn met die bestaande netwerk op te koppel.

-       Die opgradering van die ondergrondse mediumspanning netwerk in die industriële en omliggende residensiële areas. Die bestaande ondergrondse kabel word vergroot om te voldoen aan die stygende elektriese aanvraag. Die kabel-installasie sal plaasvind in Fritz Grub Crescent, Simon- en Pauwstraat.

-       Die opgradering van die oorhoofse mediumspanning netwerk in Kerkstraat.
Die oorhoofse netwerk word vervang met ‘n ondergrondse netwerk.

-       Die opgradering van verskeie miniatuur substasies in Riversdal.

-       Die opgradering en diens van die stroombrekerpanele in die dorp se hoofsubstasie.

 

Kontrakteur: MDL Elektries

Raadgewende Ingenieurs: Clinkscales Maughan-Brown