Verkeer - Provinsiale Oudit
Riversdal Toetsstasie
Riversdal toetsstasie het onlangs ‘n amptelike oudit vanaf die Departement van vervoer ontvang.
Hierdie oudit vind ongeskeduleer plaas en word alle aspekte en dokumentasie nagesien vir korrektheid.
Alle toerusting word nagesien vir algemene netheid asook die akkuraatheid daarvan en of alle toerusting jaarliks gekalibreer word.Die inspekteur evalueer ook die ondersoeker om te verseker dat alle padwaardigheids toetse volgens wet asook SABS standaarde gedoen word.Daar word ook seker gemaak dat die kwaliteits handleiding op datum is en alle prosesse daarin vervat is.
Riversdal toetsstasie het 100% behaal vir hierdie oudit en kan die publiek baie trots wees op hierdie prestasie en die feit dat die gehalte diens wat gelewer word van uiterste hoe gehalte is.
Heidelberg Toetstasie
Heidelberg toetstasie het op 26 Maart 2013 sy deure gesluit en sal daar voortaan geen diens vanaf Hessequa Munisipaliteit gelewer word met betrekking tot die toets van voertuie nie maar wel met die ander dienste soos, hernuwing van bestuurderslisensie, PRDP’s, voertuig lisensies, registrering van voertuie en afspake en toetsing van leerling lisensies.Die afgelope tyd was die diens slegs op Dinsdae beskikbaar maar hierdie diens sal vanaf April vyf dae ‘n week beskikbaar wees op Riversdal.
Riversdal en Heidelberg bestuurslisensie Toetssentrum
Hierdie twee afdelings is ook onlangs besoek deur die Departement van Vervoer. Hierdie inspekteurs gaan alle dokumentasie vir korrektheid na asook alle prosesse rakende bestuurslisensie.
Toetsbeamptes word ge-evalueer om te verseker dat alle toetse op die voorgeskrewe manier plaasvind. Hierdie twee afdelings het onderskeidelik die volgende persentasies behaal.
Riversdal 92%
Heidelberg 96%
Die publiek kan trots wees op hierdie personeel wat hulle werk met ywer en entoesiasme aanpak . Alhoewel daar soms onder moeilike omstandighede gewerk word sal die publiek deur kassiere vriendelike en behulpsaam ontvang word.
Last Updated (Tuesday, 16 April 2013 09:54)
Hessequa gee terugTydens ‘n raadsvergadering vroeg in die jaar, het die personeel besluit om nie ‘n personeelfunksie te hou nie en dat die beskikbare begroting aangewend word om kospakkies aan behoeftiges te verskaf. Die raad het met Badisa, Maatskaplike Dienste, ACVV en Kinder en Gesinsorg op die verskillende dorpe kontak gemaak om hul lyste te verkry van persone wat hulp nodig het. Die pakkies is afgelewer in samewerking met hul maatskaplike werkers. Daar was groot waardering uit die gemeenskap vir die wyse van toekenning. Die Streeksbestuurder van Maatskaplike Ontwikkeling was hoogs verras met die proses en dit bestempel as ‘n eerste tov deursigtigheid vanaf ‘n munisipaliteit.
Last Updated (Friday, 05 April 2013 13:30) Draft Annual Budget 2013/14Hessequa Municipality would like to express thanks to the Financial Department for their hard work and outstanding contributions in compiling the draft annual budget for 2013/14. Much time and energy is demanded and it does not go unnoticed. Hessequa deeply appreciate all the efforts made by the CFO and her team. It is great to know that we can count on this department to go the extra mile. The draft annual Budget Medium Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) 2013/2014, its annexures and Draft Integrated Development Plan (IDP) 2013/14 were tabled at the Hessequa Municipal Council on 28 March 2013, and are available on the Hessequa Municipal website, libraries and all regional Municipal Offices.
Ferdie Bergh, Betsie Smit, Emor Nel, Lien Viljoen, Babalwa Magqaza, Zanette Bothma
Last Updated (Friday, 05 April 2013 13:22) |
Nuwe gesig vir Plaaslike Ekonomiese OntwikkelingHessequa Munisipaliteit verwelkom Elana Lotriet as die nuwe afdelingshoof vir Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling. Me. Lotriet, ‘n oud student in publieke administrasie van Universiteit Stellenbosch beskik oor ondervinding in beide privaat en publieke sektore. Me. Lotriet was voorheen werksaam by Stellenbosch Munisipaliteit waar sy verantwoordelik was vir kleinboere ontwikkeling, grondhervorming, toerisme en besigheidsontwikkeling. Elana se filosofie is om almal met dieselfde respek en waardigheid te behandel.
Last Updated (Friday, 05 April 2013 13:25) Ride for Recovery‘n Groep dapper kanker-oorwinnaars en ondersteuners het die pad vanaf Kaapstad tot in Plettenbergbaai aangedurf op Harley Davidson Motorfietse om hul ondersteuning te toon vir “Reach to Recovery International Breast Cancer Support Conference.” Hierdie 11 dames ry onder die naam “Ride for Recovery” in ‘n kanker-bewusmakingsveldtog, met die doel om minder bevoorregte gemeenskappe bewus te maak van die belangrikheid van selfondersoeke, vroeë diagnose en behandeling.
Last Updated (Friday, 05 April 2013 12:48) |






