HULP VIR INWONERS VAN KWANOKUTHULA WAT GERAAK IS DEUR BRAND

image_pdfimage_print

Inwoners van die informele nedersetting in Kwanokuthula, Riversdale is gister, 27 Maart 2018,  geraak deur ʼn tragiese brand. 15 informele strukture het afgebrand en is inwoners tydelike in die Anna Lupini gemeenskapsaal gehuives.

Inwoners was in chaos gedompel nadat ’n brand omstreeks 14:00 vandag, 27 Maart in Thembanistraat begin het.

Dit het vining versprei hoewel die brandweer op die toneel was. Almal het rondgeskarrel om te help om mekaar se besittings te ontruim.

Hessequa brandweer, verkeer en tegniese personeel, Working on Fire, EMS en die polisie was op die toneel en is die brand onder beheer gebring. Dit is onbekend hoe en presies waar die brand ontstaan het, maar die nodige ondersoek sal ingestel word.

Skenkings van kos, komberse, water ens. kan by die Gemeenskapsdienste kantoor te Riversdal afgegee word.
Tel: 028 713 8000