Hoe om foute aan te meld by die munisipaliteit

image_pdfimage_print

KLIËNTEDIENS PROSEDURE

Hoe om foute aan te meld, ‘n navraag te rig of ʼn klagte in te dien by die Hessequa Munisipaliteit.

As deel van verbeterde kliëntediens, het Hessequa munisipaliteit verskeie kommunikasie kanale geskep waardeur foute ingedien kan word of navrae aan die munisipaliteit gerig kan word.

Hierdie kommunikasie kanale stel ‘n individu of organisasie in staat om ‘n klagte in te dien oor aspekte van ons munisipale bedrywighede en dienste en word die gemeenskap en besighede aangemoedig om enige van die beskikbare metodes gebruik te maak.

BESOEK ENIGE VAN ONS MUNISIPALE KANTORE

Inwoners is welkom om die munisipale kantoor in hul gebied te besoek.

Albertinia, Stilbaai, Slangrivier, Jongensfontein, Heidelberg, Gouritsmond, Riversdal en Witsand.

SKAKEL/BEL DIE MUNISIPALE KANTOOR

Alternatiewelik, skakel die munisipaliteit om ‘n klag in te dien.

Algemene navrae (kantoorure)

Tel: 028 713 8000

NA-URE nommer
Tel: 028 713 8000

E-POS

Inwoners word ook aangemoedig om ‘n e-pos aan info@hessequa.gov.za te stuur.

AANLYN

Inwoners kan gebruik maak van ons aanlyn HAVE YOUR SAY fasiliteit om foute aan te meld en elektronies in te dien.

Besoek www.hessequa.gov.za en voltooi die aanlyn HAVE YOUR SAY-vorm. Hierdie kanaal word tydens kantoor ure gemonitor. Vir nood skakel 028 713 8000.

SIT PEN OP PAPIER

Alle korrespondensie aan die munisipaliteit moet geadresseer word aan: Posbus 29, Riversdale, 6670, vir aandag aan die Munisipale Bestuurder. U brief moet die nodige besonderhede, inligting of klagte uiteensit, gevolg deur ‘n kontaknommer.

BELANGRIKE INLIGTING

Wanneer u ‘n klagte indien, verskaf asseblief volledige besonderhede, soos naam, van, selfoonnommer en e-pos adres asook die aard van die voorval.

Sodra ‘n klagte aangeteken is, sal jy ‘n verwysingsnommer ontvang. Maak asseblief seker dat u ‘n verwysingsnommer ontvang en op ‘n veilige plek hou.

SOSIALE MEDIA

Die Hessequa Munisipaliteit Facebook-bladsy word slegs gebruik om inwoners en besoekers op hoogte te hou van munisipale sake asook ‘n platform om belangrike kennisgewings en nuus te deel. Let asseblief daarop dat sosiale media nie deur die munisipaliteit beskou word as ‘n formele kanaal om ‘n klag in te dien nie.