Hessequa Raad tree voorkomende op teen vloede

image_pdfimage_print

Die Hessequa Raad is tans besig met die uitrol van konstruksie- en rehabilitasiewerk van die stormwater infrastruktuur te Riversdal. Die vloedskade projek beloop ʼn totale bedrag van ongeveer R37 miljoen, met ʼn voltooiings datum van 30 June 2017. Die projek word befonds uit vloedskade befondsing en bestaan die projekbestuurspan uit WEC Raadgewende Ingenieurs in samewerking met die Hessequa Munisipaliteit Tegniese Departement.

Hessequa se opgradering van die stormwater infrastruktuur spruit uit die Hessequa Raad se mitigasie maatreëls vir klimaatsverandering en is saamgestel om voorkomende op te tree teen toekomstige vloede. Die totale projek binne Hessequa beloop ongeveer R72 miljoen.
Stormwater infrastruktuur projekte is beplan vir die volgende dorpe binne Hessequa, Heidelberg (R11 miljoen) en Albertinia (R24 miljoen).

Die projek behels die herstel van die bestaande stormwater infrastruktuur (kasduiker, stormwaterpype, klipmandjies en betonwerke).

Die Raad is op die voorpunt van voorsorg tref vir klimaatsverandering. Die impak van klimaatsverandering in die Wes-Kaap is ʼn realiteit en het Hessequa onderneem om proaktief te reageer. Die wisselvallige reënvalpatrone kan lei tot uiterse droogtes en in Hessequa se geval, reënvalgebeurtenisse soos storms en vloede. Hessequa se opgradering van die stormwater infrastruktuur projek is saamgestel om voorkomende op te tree teen vloede en die oorstroming van wonings te voorkom. Jaarliks word die stormwaterpype regoor die streek oopgemaak ter voorbereiding van enige storms en vloede.

Die opgradering van stormwater infrastruktuur vind plaas by die onderstaande gedeeltes te Riversdal:

  • Truterstraat (Takkieskloof)
  • Maraisstraat – Stormwater kanaal sisteem.
  • Oosthuizenstraat
  • Kwanokuthula Stormwater (Dahlia straat)
  • Mulderstraat
  • Martin Johnson Stormwater Sisteem
  • Leostraat

Die kontrakteur is tans besig met konstruksie- en rehabilitasiewerk te Maraisstraat, Truterstraat (Takkieskloof) en Oosthuizenstraat en sal strate gesluit word indien nodig om konstruksie te voltooi.

Die gemeenskap word bedank vir hul samewerking en geduld.