GOP en Begroting Publieke Deelname

image_pdfimage_print

Geïntegreerde Ontwikkelingsplan / Begroting Publieke Deelname Vergaderings

Die Hessequa Munisipale Raad het op 29 Augustus 2018, hul GOP / Begroting tydskedule vir die 2018/2019 boekjaar goedgekeur. Na aanleiding van die skedule sal die Publieke vergaderings alreeds volgende week, 17 September 2018 in Gouritsmond afskop. Daar sal in die 2018/2019 finansiële jaar, drie rondtes van publieke deelname vergaderings plaasvind.

Die eerste rondte van publieke deelname vergaderings is daar op gemik om gemeenskappe strategies gereed te kry vir rondte twee, waar begrotings insette geprioritiseer sal word. Die Raad het gevoel dat daar meer klem op prioritisering geplaas moet word en dat gemeenskappe self moet besluit watter projekte, in hul onderskeie dorpe, ʼn prioriteit moet wees. Tydens rondte drie, sal die Raad met gemeenskappe konsulteer oor die konsep begroting vir 2019/2020.

Geïntegreerde Ontwikkelingsplan / Begroting Bewusmaking Vergaderings (Rondte 1):

Dorp Datum Plek Tyd
Gouritsmond 17 September 2018 Gouritsmond Gemeenskapsaal

 

15:00

Albertinia 17 September 2018 Theronsville Gemeenskapsaal

 

18:30

Stilbaai & Jongensfontein 18 September 2018 Stilbaai Gemeenskapsaal 15:00
Melkhoutfontein 18 September 2018 Melkhoutfontein Gemeenskapsaal 18:30
Witsand 20 September 2018 Witsand Gemeenskapsaal

 

15:00

Slangrivier 20 September 2018 Slangrivier Gemeenskapsaal

 

18:30

Heidelberg 20 September 2018 Duivenhoks Gemeenskapsaal

 

18:30

Riversdal 25 September 2018 Riversdal Thusong Sentrum 18:30
Kwanokuthula 25 September 2018 Kwanokuthula Gemeenskapsaal 18:30

 

Begroting Vergaderings (Rondte 2):

Dorp Datum Saal Tyd
Gouritsmond 29 Oktober 2018 Gouritsmond Gemeenskapsaal

 

15:00

Albertinia 29 Oktober 2018 Theronsville Gemeenskapsaal

 

18:30

Witsand 1 November 2018 Witsand Gemeenskapsaal

 

15:00

Heidelberg 1 November 2018 Duivenhoks Gemeenskapsaal

 

18:30

Slangrivier 5 November 2018 Slangrivier Gemeenskapsaal

 

18:30

Riversdal 6 November 2018 Riversdal Thusong Sentrum 18:30
Kwanokuthula 6 November 2018 Kwanokuthula Gemeenskapsaal 18:30
Stilbaai & Jongensfontein 8 November 2018 Stilbaai Gemeenskapsaal 15:00
Melkhoutfontein 8 November 2018 Melkhoutfontein Gemeenskapsaal 18:30

 

Rondte 3 sal in April 2019 plaasvind en sal die datums en plekke in 2019 bekend gemaak word.

Algemene navrae, rakende die skedule van vergaderings, kan gerig word aan die GOP kantoor via e-pos by stephan@hessequa.gov.za. of telefonies Tel: 028 713 8000.