DANKBETUIGING VIR HULP EN ONDERSTEUNING TYDENDS VERMAAKLIKHEID BRAND

image_pdfimage_print

Hessequa Munisipaliteit wil graag opregte dank en waardering oordra teenoor alle instansies, gemeenskappe, individue en omliggende dorpe wat hulp verleen het om die brand onder beheer te bring.

Die munisipaliteit wil die volgende instansies bedank vir hul bereidwilligheid en ondersteuning tydens die brand:

 

  • Goukou Plaaswag
  • Garden Route Distriksmunisipaliteit
  • Working on Fire
  • Southern Cape Fire Protection Association
  • Overberg Distriksmunisipaliteit
  • George Munisipaliteit
  • Mosselbaai Munisipaliteit
  • Nuwe Apostoliese Kerk te Vermaaklikheid

Asook alle rolspelers, lede van die gemeenskap, besighede en vrywilligers wat ʼn diens gelewer het.

Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles noem: “Hessequa Munisipaliteit sou nie hierdie veldbrand sonder die wye ondersteuningsnetwerke, donasies, vrywilligers, verslae en oproepe kon bedwing nie. ʼn Spesiale woord van dank aan die brandbestryders, wat meer as 12 uur per dag gewerk het om die brand onder beheer te bring. Ons moet nie die wilskrag, volharding en onbaatsugtige pogings van die brandbestryders vergeet wat ons gemeenskappe dien en die omgewing help beskerm nie.”

Die oorweldigende ondersteuning wat ontvang is word opreg waardeer en is die Hessequa Munisipaliteit voorwaar dankbaar.

Vorige verklarings oor privaat inamelings inisiatiewe welke verband hou met onder andere kontant en brandstof is nie gemik op die onbaatugtige hulp en ondersteuning welke deur die Goukou Plaaswag van stapel gestuur is nie. Alhoewel die munisipaliteit nie by privaat insamelings betrokke kan wees nie weens munisipale finansiële wetgewing, word die privaat inisiatief welke goed bestuur word met dank en waardering ondersteun.

Die Vermaaklikheid brand is onder beheer en reeds veilig verklaar. Van die nie bederfbare produkte wat as skenkings deur die gemeenskap en instansies ontvang is en dus nie meer plaaslik benodig word nie sal aan ander areas geskenk word waar tans brande woed soos byvoorbeeld die brande in die Outeniqua pas en Blanco.