BRANDE RIVERSDAL OMGEWING

image_pdfimage_print

Die vuur het weer in die Sleeping Beauty area opgevlam en brand tans in die rigting Kannaland en ook Riversdal. Die gevaar dat die vuur in die plantasie kan inbrand vanuit die berg gedeeltes word beheer. Daar is huidiglike geen gevaar vir mense nie en geen strukture is in gevaar nie. Grondspanne (24) is ingevlieg om die vuur van agter af te beveg. Twee helikopters en een Spotter vliegtuig bied lugsteun.

Aan die agterkant in die Brandrivier area woed die brand in die rigting Barrydale en is daar ‘n grondspan van 10 bestryders met lugsteun van die helikopter. Geen onmiddellike gevaar vir mens of struktuur word voorsien nie.

Die brand in die Kruisrivier area, met die moontlikheid dat landrye kan skade lei, word ook deur lugsteun (helikopter) beveg.

‘n Helikopter wat brandslaners na die bergagtige dele gevlieg het, het teëspoed opgetel deurdat die stert gedeelte aan die brand geslaan het. Die helikopter het nie geval nie en daar is geen beserings nie.