Agterplaas bewoner Opname

image_pdfimage_print

Hessequa Munisipaliteit beplan ʼn Agterplaas-bewoner Opname in die gemeenskap vanaf 5 Februarie – 20 Maart 2018.

Die doel van die opname is om data in te win oor Agterplaas-bewoners se toegang tot basiese dienste en hul registrasie tot die behuisingsbehoeftesdatabasis.

‘n Veldwerker, met die nodige identiteitskaart, sal inwoners in die week besoek tussen 08:00 en 20:00.

Veldwerkers is duidelik identifiseerbaar met geel oorjasse en die nodige identifikasie.  Agterplaas-bewoners se woning sal eers besoek word met ʼn kennisgewing, waarna die nodige informasie deur middel van ‘n klein oranje toestel ingevorder word.

Alle inligting sal as streng vertroulik hanteer word.

*Vir verdere navrae kontak mnre. Louw de Villiers of Stephan Block by 028 713 8000, gedurende kantoor ure.