Afvuur van Vuurwerke

image_pdfimage_print

Die afvuur van Chinese lanterns word totaal verbied in terme van die toepaslike brandweer wetgewing.

Die afvuur van vuurwerke op Oujaarsaand tussen 23:00 en 00:30 by die onderstaande persele word goedgekeur:

Riversdal: Riversdal rugbyveld en Riverville stadion.
Stilbaai: Hawe vanaf die wit hekke in ‘n oostelike rigting ingesluit die sandstrand area, Lappiesbaai vanaf die restaurant tot by die riviermond. Blouvlagstrand area uitgesluit.

Melkhoutfontein: Speelpark in Ericalaan

Albertinia: “Die Braak” Heidelberg: Heidelberg rugbyveld Slangrivier: Sportgronde

Witsand: Parkeerarea by Anchorage Restaurant.

Geen vuurwerke word toegelaat by Gouritsmond en Jongensfontein nie.

Die afvuur van vuurwerke sal noukeurig deur die Verkeersdepartement polisieer word.

Persone wie vuurwerke afvuur op ‘n nie-goedgekeurde perseel, sal beboet word met R1 000.00 , soos per die betrokke verordening.