AFVUUR VAN VUURWERKE OP OUJAARSAAND

image_pdfimage_print

AFVUUR VAN VUURWERKE SLEGS BY GOEDGEKEURDE PERSELE IN HESSEQUA

GEEN PERSOON mag enige vuurwerke afvuur BUITE ‘N GEBIED wat deur die munisipaliteit aangewys is nie.

GEEN VUURWERKE SAL TOEGELAAT WORD BY
GOURITSMOND,
JONGENSFONTEIN EN
WITSAND NIE.

Goedgekeurde persele vir afvuur van vuurwerke tydens Oujaarsaand (31 Desember) en Nuwejaar (1 Januarie) vanaf 23:00 tot 01:00 in die onderskeie dorpe soos volg is:

RIVERSDAL          –           Riversdal rugbyveld en Riverville stadion

MELKHOUTFONTEIN           –           Speelpark in Ericarylaan

ALBERTINIA          –           Die Brak

HEIDELBERG       –           Heidelberg rugbyveld

SLANGRIVIER        –           Sportgronde

STILBAAI             –           Hawe vanaf die wit hekke in ‘n oostelike rigting, ingesluit die sandstrand area, Lappiesbaai vanaf die restaurant tot by die riviermond, Blouvlagstrand area uitgesluit.

DIE AFVUUR VAN CHINESE LANTERNS TOTAAL VERBIED WORD IN HESSEQUA MUNISIPALE AREA IN TERME VAN TOEPASLIKE BRANDWEER WETGEWING.

Persone wie vuurwerke afvuur op ‘n nie-goedgekeurde perseel, sal BEBOET WORD MET R1 000 soos per die betrokke verordening.

Die Hessequa 24 uur Noodnommer Tel: 028 713 2222 kan geskakel word om die misdryf van vuurwerke, vloede, brande of ongelukke aan te meld.