Hessequa Municipality 

The vision for Hessequa Municipality as set out for 2012-2016 and beyond is:
A caring municipality where everyone reaps the fruit of cost effective and innovative service delivery, stimulated economic growth and sustainable use of natural resources 

The Hessequa Council has set the following 8 Strategic Objectives ahead of themselves with specific impacts to be made:
· Empowerment of communities through effective communication and participation.
· Ensuring a sustainable future through effective conservation and restoration of natural resources, limiting the impact of our presence in the ecology and returning to a heritage of preservation.
· An innovative approach to maintenance of all services and assets, as we develop infrastructure that secures growth in a sustainable manner.
· Efficient and cost effective service delivery to all our residents, of the best quality.
·Development of socially and culturally prosperous and safe communities through strategic investment in integrated human settlement.
·A special focus on human development to enhance the social well being of our residents.
· Developmental interventions that would stimulate economic growth, to the benefit of all communities.
·A prepared local authority with a fit for purpose workforce, creating equal opportunities for all residents in a transparent, accountable and measurable manner.

 

Last Updated (Friday, 25 May 2012 12:56)

 

Die Hessequa Munisipaliteit sal 'n Inwoners Tevredenheid Opname in die volgende drie weke in die gemeenskappe van Stilbaai, Jongensfontein, Melkhoutfontein, Albertinia, Gouritsmond, Riversdal, Heidelberg, Slangrivier en Witsand doen.

Hierdie opname is een van die nuwe inisiatiewe wat die Raad gebruik om te verseker dat Batho Pele beginsels toegepas word. Voortvloeiend hieruit is die ontleding van u terugvoering om inderdaad kwaliteit dienslewering te verseker.

Die opname is gebaseer op 'n steekproef basis en sal sleg 10% van alle huishoudings deur veldwerkers besoek word om onderhoude mee te voer. 'n Verdere 20% verbruikers wat hulle rekeninge per epos ontvang sal ook die geleentheid kry om aanlyn hul opinie te lewer d.m.v. 'n skakel na die vraagstuk wat aan die persone versend sal word.

Die veldwerkers sal duidelik identifiseerbaar wees met 'n ID kaart wat op sy/haar uitrusting ten toon gestel word met die woorde "Field Worker" gedruk op die rug. Die vraagstuk bestaan uit 11 kort vrae en behoort die onderhoud nie langer as 10 minute te duur nie. Vir verdere navrae kontak gerus mnre, L de Villier of S Block by Tel: 028 713 8000 gedurende kantoor ure.


Die Raad dank u by voorbaat vir u aktiewe bydrae om deel te neem aan die proses.

 

Last Updated (Thursday, 23 May 2013 11:58)

 

Die nege biblioteke in Hessequa Streek wat binnekort na die nuwe gerekenariseerde SLIMS-stelsel oorskakel , is druk besig met die voorbereidings.

Feitlik alle herregistrasie van lede is afgehandel. Daar is egter nog lede wat nog nie op die versoek om te herregistreer gereageer het nie. Daar word weereens ‘n beroep op lede gedoen om hulle plaaslike biblioteke te besoek om sodoende hul persoonlike inligting op te dateer.

Bestaande lede sowel as nuwe persone wat wil aansluit, word herinner om die volgende inligting te verstrek nl., ID, kontaknommers, pos- en straatadresse en kinders se geboortesertifikate of ‘n afskrif daarvan indien ouers hul kinders laat aansluit.

Lede wat reeds geherregistreer het se biblioteekkaarte word tans voorberei. Dit is ‘n tydsame proses, aangesien ‘n strepiekode, die lid se naam en die bibioteek se kodenommer op elke kaart met die hand geplak word.

Personeel werk onverpoos om die stelsel so spoedig moontlik te kan implementeer. Alle ander take en dienste gaan voort soos gewoonlik en daar word gepoog dat die bykomende werk nie die gewone daaglikse diens benadeel nie.

 

Last Updated (Wednesday, 22 May 2013 09:31)

 

Hessequa Munisipaliteit se gewilde Drywer van die Jaar kompetisie van die Direktoraat Verkeersveiligheid in samewerking met die Hessequa Verkeersafdeling en die “SWD Transport Academy” vind plaas op 15 Junie 2013 by die Riversdal Verkeersdepartement.

Die doel van die bewusmakingsveldtog is om drywers bewus te maak van verkeersveiligheid en slytasie op voertuie. Die bevordering van bestuurderopleiding en opvoeding sal bydra tot bestuurders se kennis van voertuig instandhouding en drywers in staat stel om hul bestuursvernuf te verbeter.

Die bewusmakingsveldtog bestaan uit ‘n teoretiese toets, voorritinspeksie, baan- en padtoets waar bestuurders sal meeding teen mekaar om ‘n plek te behaal in die Hessequa Drywers van die Jaar span.

Bestuurders en eienaars van vervoermaatskappye word uitgenooi om hul bestuurders in te skryf vir die kompetisie. Drywers moet in besit wees van ‘n geldige bestuurslisensie en ‘n professionele bestuurspermit.

Die inskrywingsfooi is R120.00 per drywer en inskrywingsvorms is beskikbaar by die Riversdal Verkeersafdeling.

Munisipale drywers wat belangstel om deel te neem aan die veldtog kan navrae rig by die Verkeersafdeling.

Vir verdere navrae of inligting kontak Morne Dyason by Tel: 028 713 8000 / 028 713 7807.

 

 

Last Updated (Wednesday, 22 May 2013 09:34)

 

‘n Groot groep amptenare het langdienssertifikate tydens die Hessequa Munisipaliteit Personeel Uitreikvergadering op 02 Mei 2013 ontvang. Altesame is sertifikate aan oor die 80 personeellede van die munisipaliteit toegeken.

Toekennings is deur die Uitvoerende Burgemeester, Emor Nel oorhandig vir 10, 15, 20, 25, 30 en 35 jaar ononderbroke en getroue diens by die Hessequa Munisipaliteit en vorige munisipaliteite.

Hessequa Munisipaliteit het spesiale erkenning aan personeellede verleen vir die buitengewone prestasie van die 30 en 35 jaar. Hul lojale diens aan die gemeenskap is merkwaardig.

30 Jaar:
MJ Theart
SJ van As
M van Schalkwyk

35 Jaar:
G Liebenberg
J Moolman

 

Last Updated (Wednesday, 22 May 2013 09:06)